top of page

MEER OOR ONS 

Ds Graham het gedurende 2014 oortuig geraak van die bekeringsdoop, deur onderdompeling, en het by die Here antwoorde gesoek.  In Februarie 2015, is hy deur die Here oortuig dat hy hom moet laat doop.  Hy het van die Here 'n teks gevra as bevestiging dat hy reg gehoor het en gesê dat hy gehoorsaam sal wees aan die opdrag van die Here.  Die Here het Rom 14 gegee en die teks wat hom oortuig het was, vers 17 was sê: "Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde wat die Heilige Gees gee."  Hy het onmiddellik besef hy moet gehoorsaam wees en vrede wat alle verstand te bowe gaan, het van hom besit geneem.  

 

Hy het geweet dat dit sy werk gaan kos, maar was bereid om daardie prys te betaal.  Die Here het al van die vorige jaar vir hom gerusgestel met tekste wat sê, hy moenie besorg wees, of bang wees nie, die Here sal sorg. Daardie tekste het hom tot hiertoe gedra en die Here het voorsien op maniere wat vir die mens nie denkbaar is nie.  

 

Die Here het deure oopgemaak dat 'n gemeente geplant word.  Binne 'n kort tydjie het alles in plek geval en kon die gemeente op 15 November 2015 vir die eerste keer vergader.  By die geleentheid was daar 72 persone teenwoordig.  Die gemeente is saamgestel uit 'n verskeidenheid mense, uit verskillende Kerkgenootskappe. 

 

Ons is oorwegend gereformeerd in ons leerstellinge en onderhou die 1689 Baptiste Geloofsbelydenis.  Ons glo dat Jesus Christus die gelowige doop as ordonansie vir Sy kerk gegee het.

 

Die gemeente is geaffiliëer met die Afrikaanse Baptiste Kerke.

 

TEOLOGIESE BEGINSELS

Ons as Baptiste Kerk is baie gesteld op die Waarheid.  In die wêreld van vandag is mense opsoek na die waarheid, maar nie altyd op die regte plek nie.  God is Waarheid.  Hy het Sy Woord as Waarheid vir ons gegee en dit is die maatstaf waarvolgens ons ons lewens inrig.  Ons wil Hom vereer en verheerlik.

(Joh 17:17)  "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid."
   

BAPTISTE BEGINSELS

Ons identiteit as gelowiges lê in Jesus Christus opgesluit.  In die verlossing wat Hy vir ons verkry het.  Ons is nie skaam om te sê dat ons Baptiste is nie.  

Ons geloof is eeue oud en Bybelgefundeerd en ons onderskryf die beginsels wat ons van ander evangeliese kerke onderskei.  Klik op die aangehegde dokument om te sien wat hierdie beginsels is.

ONS GESKIEDENIS

Die Afrikaanse Baptiste het 'n besondere ryke geskiedenis in Suid-Afrika.  Ons glo dat God alles beskik en so het Hy die ABK in ons land opgerig deur die soeke van Jacobus Daniël Odendaal na die waarheid in die Skrif.

Lees in aangehgde dokument die stukkie geskiedenis van die ABK in Suid-Afrika.

bottom of page